SlideShare una empresa de Scribd logo
1 de 24
Descargar para leer sin conexión
TREK WEG UIT DIE HUIS VAN SONDE
GOD DIE VADER
Ek glo in God die Vader, die
Almagtige, die Skepper van die
hemel en die aarde.
GOD DIE SEUN
Ek glo in Jesus Christus, God se eniggebore Seun, ons
Here;
wat ontvang is van die Heilige Gees, gebore uit die
maagd Maria;
wat gely het onder Pontius Pilatus, gekruisig is, gesterf
het en begrawe is en neergedaal het na die hel;
wat op die derde dag weer opgestaan het uit die dood;
opgevaar het na die hemel en sit aan die regterhand van
God, die almagtige Vader,
waarvandaan Hy sal kom om die lewendes en die
dooies te oordeel.
GOD DIE HEILIGE GEES
Ek glo in die Heilige Gees wat
ons oortuig van sonde, wat
mense wederbaar en vervul!
GOD SE KINDERS
Ek glo aan 'n heilige, algemene,
Christelike kerk, die gemeenskap van die heiliges;
VERGEWING EN WARE LEWE
Ek glo aan die vergewing van
sondes;
Ek glo aan die opstanding van
die liggaam
en ek glo aan 'n ewige lewe.
ROEPING
Ek is geroep om 'n dissipel te wees
Ek is geroep om dissipels te maak
Ek is geroep om Hemel op Aarde te
verseker
Ek is geroep om al hierdie dinge in
onvoorwaardelike liefde te doen
VERHEERLIKING

Jesus Christus is Koning! Jesus
Christus is Koning!
Laat Sy wil geskiet, Sy Koninkryk
kom, Sy wil, deur my aan ander
bekend gemaak word.
Alle eer en mag en heelikheid
behoort aan die Koning van alle
konings
Ek behoort aan Hom en Hy aan my
VERKLARING
En ek sal die boodskap van die
lewende God met trots aan almal
rondom my verkondig.
Ek verklaar dit met trots in die
wonderlike naam van Jesus, my
Verlosser.
AMEN.
Die pad wat Hy met ons loop is ‘n
ongelyk pad
‘n op en ‘n af pad…
tye wanner ons Hom naby ervaar en
tye waar ons Hom ver beleef..
Tye waarin ons Sy hand diep in ons
lewens sien en tye waar ons wonder
waar Hy is.
Psalm 23

1. ’n PSALM van Dawid. Die HERE is my herder; niks
sal my ontbreek nie
2. Hy laat my neerlê in groen weivelde; na waters waar
rus is, lei Hy my heen.
3. Hy verkwik my siel; Hy lei my in die spore van
geregtigheid, om Sy Naam ontwil.
4. Al gaan ek ook in ’n dal van doodskaduwee, ek sal
geen onheil vrees nie; want U is met my: u stok en u
staf dié vertroos my.
5. U berei die tafel voor my aangesig teenoor my
teëstanders; U maak my hoof vet met olie; my beker
loop oor.
6. Net goedheid en guns sal my volg al die dae van my
lewe; en ek sal in die huis van die HERE bly in lengte
van dae.
Hebreërs 11:1-12
1 Om te glo, is om seker te wees van die dinge wat ons hoop, om oortuig te
wees van die dinge wat ons nie sien nie.
2 Dit is immers vanweë hulle geloof dat daar oor die mense van die ou tyd met
soveel lof getuig is.
3 Omdat ons glo, weet ons dat die wêreld deur die woord van God geskep is:
die sigbare dinge het dus nie ontstaan uit iets wat ons sien nie.
4 Omdat Abel geglo het, het hy 'n beter offer aan God gebring as Kain.
Vanweë Abel se geloof het hy van God bevestiging ontvang dat hy 'n opregte
man is, want God het sy offers aangeneem; en deur dieselfde geloof spreek
hy nou nog, al is hy reeds dood.
5 Omdat Henog geglo het, is hy weggeneem sonder dat hy gesterf het, en hy
was nêrens te vind nie, omdat God hom weggeneem het. Van hom word
getuig dat hy, voordat hy weggeneem is, geleef het soos God dit wou.
6 As 'n mens nie glo nie, is dit onmoontlik om te doen wat God wil. Wie tot God
nader, moet glo dat Hy bestaan en dat Hy dié wat Hom soek, beloon.
7

Omdat Noag geglo het, het hy God eerbiedig gehoorsaam toe hy
gewaarsku is oor dinge wat nog nie gesien kon word nie. Daarom het hy
die ark gebou om sy huisgesin te red. Sy geloof was 'n veroordeling van die
wêreld, maar dit het hom erfgenaam gemaak van die vryspraak wat deur
die geloof kom.
8 Omdat Abraham geglo het, het hy gehoor gegee toe God hom geroep het
om weg te trek na die plek toe wat hy as erfdeel sou ontvang. Hy het
weggetrek sonder om te weet waar hy sou uitkom.
9 Omdat hy geglo het, het hy in die beloofde land gaan woon, 'n vreemdeling
in 'n vreemde land. In tente het hy daar gewoon, en so ook Isak en Jakob
wat saam met hom erfgename van dieselfde belofte was,
10 want hy het uitgesien na die stad wat vaste fondamente het en waarvan
God self die ontwerper en bouer is.
11 Omdat Abraham geglo het, het hy, hoewel Sara onvrugbaar was en hy al te
oud, krag ontvang om 'n kind te verwek, omdat hy God wat dit beloof het,
getrou geag het.
12 Die gevolg was dat daar van een man, 'n man wat nie meer 'n kind kon
verwek nie, kinders afgestam het so talryk soos die sterre van die
hemelruim en so baie soos die sand van die see.
Psalm 32:1-5
1 'n Gedig van Dawid. Dit gaan goed met die mens wie
se oortredings nie gestraf word nie, wie se sonde
vergewe word.
2 Dit gaan goed met die mens vir wie die Here die
oortreding nie toereken nie en in wie se gees daar
geen valsheid is nie.
3 Toe ek oor my sonde geswyg het, het my liggaam
uitgeteer soos ek heeldag om hulp geroep het.
4 U hand het dag en nag swaar op my gedruk, my krag
het opgedroog soos water in somerhitte.
5 Toe het ek my sonde bely, my oortreding nie
weggesteek nie. Ek het gesê: “Voor die Here bely ek
my opstandigheid;” en U het my skuld vergewe
DIE HERE IS MY HERDER; NIKS SAL MY ONTBREEK NIE
Om te verhuis, is om sonder 'n geskiedenis, 'n verlede te word.
Ook Abraham moes wegtrek van sy eie familiekring, sy eie dorp,
wat meer is, sy eie land
Hebreërs 11 verwys onder andere na Abraham se verhuising as 'n
geloofsdaad
'n mens se geskiedenis saam met God is nie iets wat maar net
verbygaan nie.
As jy agter kom dat jy ‘n herder in jou lewe nodig het en dat jy nie
op jou eie die pad kan stap nie dan neem jy vir Jesus Christus aan
as jou saligmaker en jou verlosser en jy vra vir die Heilige Gees
om beheer van jou lewe oor te neem en jou vol te maak van wie
God is
HY LAAT MY NEERLÊ IN GROEN WEIVELDE; NA
WATERS WAAR RUS IS, LEI HY MY HEEN.

Hy sorg vir jou ..
Hy het jou hand kom vat..
Hy vat jou na waters waar daar rus is –
Dis so lekker, die gras is so groen,
Jy begin jou bybel lees –
Het jy daardie fase in jou lewe beleef?
HY VERKWIK MY SIEL; HY LEI MY IN DIE SPORE
VAN GEREGTIGHEID, OM SY NAAM ONTWIL
Ek en jy is geneig om in ons wandel met die Here te dink dat ons
lewe daaroor gaan dat ons ‘n klomp goed vir Hom moet doen
Die heel belangrikste deel van jou lewe in jou wandel met Jesus is
daardie innige verhouding met jou herder en wat jy word onder Sy
hand.
Nou lei Hy jou op die pad van geregtigheid tot die eer van Sy
naam.
Jy kom agter jou lewe is nie wat dit moet wees nie.. ek loop nog
nie die pad van geregtigheid nie.. tot die eer van Sy naam nie..
Dit het toe nou nie net daaroor gegaan dat net ek moet bly wees
nie.. En opgewonde moet wees oor my redding en my verlossing
nie..
Dit gaan toe oor ‘n bietjie meer..
Ek moet leer om deur dit wat ek doen en nalaat die eer van Sy
naam bekend te maak..
Hiervoor gee Hy jou die krag.
En dan kom jy op ‘n dag wat jy een van die pragtige liedere in die
kerk sing of saam met iemand ‘n teks lees en jy sê Here ek leef
nie meer nie, U leef nou deur my.
Here hierdie lewe wat ek op hierdie aarde leef wil ek nie meer vir
my leef nie – ek wil nou vir U leef – of jy bid ‘n gebed waar jy sê,
Here ek gee myself vir U prys..
Neem my lewe en doen met my net soos u wil.. en daar neem Hy
jou op jou woord.. en Hy glo dat jy dit bedoel het.. want jy het, toe
jy dit gevra het..
AL GAAN EK OOK IN ’N DAL VAN DOODSKADUWEE, EK SAL GEEN ONHEIL VREES NIE;
WANT U IS MET MY: U STOK EN U STAF DIÉ
VERTROOS MY
En nou vat Hy jou deur ‘n dal wat lyk soos die skaduwee van die dood..
En nou kom jy agter terwyl jy deur hierdie skaduwee dal loop wat lyk of die
dood oor jou val..
terwyl jy besig is om te sterf aan jouself..en aan die dinge wat vir jou belangrik
is ..
Dat jy nie bang hoef te wees nie..
Jy was toe al die tyd nooit alleen nie.. Want U Here is naby my..
Terwyl ek die dinge prysgee is U stok en U Staf my beskerming.. en my
ondersteuning..
U BEREI DIE TAFEL VOOR MY AANGESIG
TEENOOR MY TEËSTANDERS; U MAAK MY
HOOF VET MET OLIE; MY BEKER LOOP OOR
In hierdie tyd terwyl jy alleen voel ....
Is Hy besig om vir jou ‘n feesmaal voor te berei..
Daar is ‘n feesmaal waar Hy vir jou wil laat deel in die vervulling
van Sy beloftes…
Maar nou in hierdie sterwe het jy agter gekom dit is nie jy nie,
maar Hy..
Dis nie jou krag nie dit is Syne..
En jy onthou weer dit gaan alles net oor die eer van Sy naam..
NET GOEDHEID EN GUNS SAL MY VOLG AL DIE DAE VAN
MY LEWE; EN EK SAL IN DIE HUIS VAN DIE HERE BLY IN
LENGTE VAN DAE
Dan kom jy by die plek waar jy agterkom Sy seen rus op jou..
Sy goedheid en Sy trou vergesel jou al die dae van jou lewe..
En nou bly jy in die huis vandie Here.. Jy het Sy tempel geword..
Die volheid van Sy teenwoordigheid leef in jou.. daar is geen plek
waar die Here nie in Sy volheid teenwoordig is nie.. self in die tye
wat Hy vir jou ver voel.. is Hy besig om jou in te trek in ‘n groter
verstaan van Hom self.
HOOGLIED 6
1. WAAR het u beminde heengegaan, o skoonste onder die
vroue? Waarheen het u beminde hom gewend, dat ons hom
saam met u kan soek?
2. My beminde het afgeloop na sy tuin, na die balsembeddings
om hom te vermaak in die tuine en om lelies te versamel.
3. Ek is my beminde s’n, en my beminde is myne — hy wat
herder is onder die lelies
4. Mooi is u, my vriendin, soos Tirsa, lieflik soos Jerusalem,
verskriklik soos slagordes met vaandels
5. Draai u oë van my af weg, want hulle verskrik my; u hare is
soos ’n kudde bokke wat van Gílead afgolf
6. U tande is soos ’n kudde skaapooie wat van die drinkplek af
opkom, wat almal tweelinge het, en geeneen onder hulle is
sonder lam nie.
7. U slape is soos ’n granaatskyf deur u sluier heen
Ons Vader groot en magtig,
Beskikker van ons deel en lot
dankie vir nog ‘n dag so lieflik en vol
vreugde,
‘n dag waarin U ons U liefde openbaar
waarin ons U kon dien en eer,
dankie dat U, ons so trou bewaar het
dat u nooit nooit sluimer of slaap nie,
Neem hierdie mense en maak hulle u
bemindes
Sodat hulle hul lewens as U gesante sal
leef
Amen

Más contenido relacionado

La actualidad más candente

Tema - Venster van Geloof in 'n Groter God
Tema - Venster van Geloof in 'n Groter GodTema - Venster van Geloof in 'n Groter God
Tema - Venster van Geloof in 'n Groter GodAGS Lofoord Upington
 
breek los uit die wurggreep van satan 12
breek los uit die wurggreep van satan 12breek los uit die wurggreep van satan 12
breek los uit die wurggreep van satan 12Susanna De Waal
 
3 redes waarom die kerk verlam is 2
3 redes waarom die kerk verlam is 23 redes waarom die kerk verlam is 2
3 redes waarom die kerk verlam is 2Ernest Potgieter
 
Vryheid deur die kruis
Vryheid deur die kruisVryheid deur die kruis
Vryheid deur die kruismeliscl
 
Omgeruil by die kruis op golgotha
Omgeruil by die kruis op golgothaOmgeruil by die kruis op golgotha
Omgeruil by die kruis op golgothameliscl
 
Freedom through the cross
Freedom through the crossFreedom through the cross
Freedom through the crossmeliscl
 
Tema - Kry die Melodie van Hoop in Jou Lewe
Tema - Kry die Melodie van Hoop in Jou LeweTema - Kry die Melodie van Hoop in Jou Lewe
Tema - Kry die Melodie van Hoop in Jou LeweAGS Lofoord Upington
 
Efesiërs 2 Die lelike eendjie
Efesiërs 2 Die lelike eendjieEfesiërs 2 Die lelike eendjie
Efesiërs 2 Die lelike eendjieLou-Maré Denton
 
Omdat Hy... Kan Hy... 27 April 2014
Omdat Hy... Kan Hy... 27 April 2014Omdat Hy... Kan Hy... 27 April 2014
Omdat Hy... Kan Hy... 27 April 2014Ernest Potgieter
 
Sê wat god sê
Sê wat god sêSê wat god sê
Sê wat god sêwebateljee
 

La actualidad más candente (20)

Tema: Maak Transformasie jou eie
Tema: Maak Transformasie jou eieTema: Maak Transformasie jou eie
Tema: Maak Transformasie jou eie
 
Tema simplicity
Tema   simplicityTema   simplicity
Tema simplicity
 
Die begin van n lewe van geloof
Die begin van n lewe van geloofDie begin van n lewe van geloof
Die begin van n lewe van geloof
 
Aanbid my
Aanbid myAanbid my
Aanbid my
 
Tema - Venster van Geloof in 'n Groter God
Tema - Venster van Geloof in 'n Groter GodTema - Venster van Geloof in 'n Groter God
Tema - Venster van Geloof in 'n Groter God
 
breek los uit die wurggreep van satan 12
breek los uit die wurggreep van satan 12breek los uit die wurggreep van satan 12
breek los uit die wurggreep van satan 12
 
3 redes waarom die kerk verlam is 2
3 redes waarom die kerk verlam is 23 redes waarom die kerk verlam is 2
3 redes waarom die kerk verlam is 2
 
Vryheid deur die kruis
Vryheid deur die kruisVryheid deur die kruis
Vryheid deur die kruis
 
Omgeruil by die kruis op golgotha
Omgeruil by die kruis op golgothaOmgeruil by die kruis op golgotha
Omgeruil by die kruis op golgotha
 
Jeremia 31.docx
Jeremia 31.docxJeremia 31.docx
Jeremia 31.docx
 
God se genadejaar
God se genadejaarGod se genadejaar
God se genadejaar
 
Freedom through the cross
Freedom through the crossFreedom through the cross
Freedom through the cross
 
Gebed.pps
Gebed.ppsGebed.pps
Gebed.pps
 
Tema - Kry die Melodie van Hoop in Jou Lewe
Tema - Kry die Melodie van Hoop in Jou LeweTema - Kry die Melodie van Hoop in Jou Lewe
Tema - Kry die Melodie van Hoop in Jou Lewe
 
Efesiërs 2 Die lelike eendjie
Efesiërs 2 Die lelike eendjieEfesiërs 2 Die lelike eendjie
Efesiërs 2 Die lelike eendjie
 
Omdat Hy... Kan Hy... 27 April 2014
Omdat Hy... Kan Hy... 27 April 2014Omdat Hy... Kan Hy... 27 April 2014
Omdat Hy... Kan Hy... 27 April 2014
 
Wakker die Genadegawes aan
Wakker die Genadegawes aan Wakker die Genadegawes aan
Wakker die Genadegawes aan
 
Seuns en dogters van god
Seuns en dogters van godSeuns en dogters van god
Seuns en dogters van god
 
Handelinge 2:42 47
Handelinge 2:42 47Handelinge 2:42 47
Handelinge 2:42 47
 
Sê wat god sê
Sê wat god sêSê wat god sê
Sê wat god sê
 

Similar a Trek weg uit die huis van sonde

Similar a Trek weg uit die huis van sonde (14)

Matteus 6:19-34 - Onverwagse opbrengste.pptx
Matteus 6:19-34 - Onverwagse opbrengste.pptxMatteus 6:19-34 - Onverwagse opbrengste.pptx
Matteus 6:19-34 - Onverwagse opbrengste.pptx
 
Afrikaans - The Epistle of Paul the Apostle to the Laodiceans.pdf
Afrikaans - The Epistle of Paul the Apostle to the Laodiceans.pdfAfrikaans - The Epistle of Paul the Apostle to the Laodiceans.pdf
Afrikaans - The Epistle of Paul the Apostle to the Laodiceans.pdf
 
Afrikaans - Second and Third John.pdf
Afrikaans -  Second and Third John.pdfAfrikaans -  Second and Third John.pdf
Afrikaans - Second and Third John.pdf
 
Leef in god se teenwoordigheid 15 Jan
Leef in god se teenwoordigheid 15 JanLeef in god se teenwoordigheid 15 Jan
Leef in god se teenwoordigheid 15 Jan
 
Tema - Hoe lyk die prentjie van die vroeë Kerk
Tema - Hoe lyk die prentjie van die vroeë KerkTema - Hoe lyk die prentjie van die vroeë Kerk
Tema - Hoe lyk die prentjie van die vroeë Kerk
 
Die tabernakel deel 8 die allerheiligste
Die tabernakel deel 8 die allerheiligsteDie tabernakel deel 8 die allerheiligste
Die tabernakel deel 8 die allerheiligste
 
Lees en hou vas aan die woord!
Lees en hou vas aan die woord!Lees en hou vas aan die woord!
Lees en hou vas aan die woord!
 
Matteus 5:13-16 - sout-van-die-aarde mense.pptx
Matteus 5:13-16 - sout-van-die-aarde mense.pptxMatteus 5:13-16 - sout-van-die-aarde mense.pptx
Matteus 5:13-16 - sout-van-die-aarde mense.pptx
 
Sonder my kan julle niks doen nie
Sonder my kan julle niks doen nie Sonder my kan julle niks doen nie
Sonder my kan julle niks doen nie
 
Afrikaans - Tobit.pdf
Afrikaans - Tobit.pdfAfrikaans - Tobit.pdf
Afrikaans - Tobit.pdf
 
Eensgesind ten spyte van ons verskille
Eensgesind ten spyte van ons verskilleEensgesind ten spyte van ons verskille
Eensgesind ten spyte van ons verskille
 
Maak gereed die koning kom exodus
Maak gereed die koning kom exodusMaak gereed die koning kom exodus
Maak gereed die koning kom exodus
 
Maak gereed die koning kom exodus
Maak gereed die koning kom exodusMaak gereed die koning kom exodus
Maak gereed die koning kom exodus
 
Afrikaans-Testament of Joseph.pdf
Afrikaans-Testament of Joseph.pdfAfrikaans-Testament of Joseph.pdf
Afrikaans-Testament of Joseph.pdf
 

Más de Cornelius Joubert

Wat doen ons sonde aan god 1
Wat doen ons sonde aan god 1Wat doen ons sonde aan god 1
Wat doen ons sonde aan god 1Cornelius Joubert
 
E ons almal het bekering nodig en god vra ware berou oor sonde
E ons almal het bekering nodig en god vra ware berou oor sondeE ons almal het bekering nodig en god vra ware berou oor sonde
E ons almal het bekering nodig en god vra ware berou oor sondeCornelius Joubert
 
9 deel 4 die dinamietkrag van ware lewe
9 deel 4 die dinamietkrag van ware lewe9 deel 4 die dinamietkrag van ware lewe
9 deel 4 die dinamietkrag van ware leweCornelius Joubert
 
6 oktober villa rivera die here kom
6 oktober villa rivera die here kom6 oktober villa rivera die here kom
6 oktober villa rivera die here komCornelius Joubert
 

Más de Cornelius Joubert (6)

Wat doen ons sonde aan god 1
Wat doen ons sonde aan god 1Wat doen ons sonde aan god 1
Wat doen ons sonde aan god 1
 
E ons almal het bekering nodig en god vra ware berou oor sonde
E ons almal het bekering nodig en god vra ware berou oor sondeE ons almal het bekering nodig en god vra ware berou oor sonde
E ons almal het bekering nodig en god vra ware berou oor sonde
 
A call to commitment
A call to commitmentA call to commitment
A call to commitment
 
The power of tongue
The power of tongueThe power of tongue
The power of tongue
 
9 deel 4 die dinamietkrag van ware lewe
9 deel 4 die dinamietkrag van ware lewe9 deel 4 die dinamietkrag van ware lewe
9 deel 4 die dinamietkrag van ware lewe
 
6 oktober villa rivera die here kom
6 oktober villa rivera die here kom6 oktober villa rivera die here kom
6 oktober villa rivera die here kom
 

Trek weg uit die huis van sonde

  • 1. TREK WEG UIT DIE HUIS VAN SONDE
  • 2. GOD DIE VADER Ek glo in God die Vader, die Almagtige, die Skepper van die hemel en die aarde.
  • 3. GOD DIE SEUN Ek glo in Jesus Christus, God se eniggebore Seun, ons Here; wat ontvang is van die Heilige Gees, gebore uit die maagd Maria; wat gely het onder Pontius Pilatus, gekruisig is, gesterf het en begrawe is en neergedaal het na die hel; wat op die derde dag weer opgestaan het uit die dood; opgevaar het na die hemel en sit aan die regterhand van God, die almagtige Vader, waarvandaan Hy sal kom om die lewendes en die dooies te oordeel.
  • 4. GOD DIE HEILIGE GEES Ek glo in die Heilige Gees wat ons oortuig van sonde, wat mense wederbaar en vervul!
  • 5. GOD SE KINDERS Ek glo aan 'n heilige, algemene, Christelike kerk, die gemeenskap van die heiliges;
  • 6. VERGEWING EN WARE LEWE Ek glo aan die vergewing van sondes; Ek glo aan die opstanding van die liggaam en ek glo aan 'n ewige lewe.
  • 7. ROEPING Ek is geroep om 'n dissipel te wees Ek is geroep om dissipels te maak Ek is geroep om Hemel op Aarde te verseker Ek is geroep om al hierdie dinge in onvoorwaardelike liefde te doen
  • 8. VERHEERLIKING Jesus Christus is Koning! Jesus Christus is Koning! Laat Sy wil geskiet, Sy Koninkryk kom, Sy wil, deur my aan ander bekend gemaak word. Alle eer en mag en heelikheid behoort aan die Koning van alle konings Ek behoort aan Hom en Hy aan my
  • 9. VERKLARING En ek sal die boodskap van die lewende God met trots aan almal rondom my verkondig. Ek verklaar dit met trots in die wonderlike naam van Jesus, my Verlosser. AMEN.
  • 10. Die pad wat Hy met ons loop is ‘n ongelyk pad ‘n op en ‘n af pad… tye wanner ons Hom naby ervaar en tye waar ons Hom ver beleef.. Tye waarin ons Sy hand diep in ons lewens sien en tye waar ons wonder waar Hy is.
  • 11. Psalm 23 1. ’n PSALM van Dawid. Die HERE is my herder; niks sal my ontbreek nie 2. Hy laat my neerlê in groen weivelde; na waters waar rus is, lei Hy my heen. 3. Hy verkwik my siel; Hy lei my in die spore van geregtigheid, om Sy Naam ontwil. 4. Al gaan ek ook in ’n dal van doodskaduwee, ek sal geen onheil vrees nie; want U is met my: u stok en u staf dié vertroos my. 5. U berei die tafel voor my aangesig teenoor my teëstanders; U maak my hoof vet met olie; my beker loop oor. 6. Net goedheid en guns sal my volg al die dae van my lewe; en ek sal in die huis van die HERE bly in lengte van dae.
  • 12. Hebreërs 11:1-12 1 Om te glo, is om seker te wees van die dinge wat ons hoop, om oortuig te wees van die dinge wat ons nie sien nie. 2 Dit is immers vanweë hulle geloof dat daar oor die mense van die ou tyd met soveel lof getuig is. 3 Omdat ons glo, weet ons dat die wêreld deur die woord van God geskep is: die sigbare dinge het dus nie ontstaan uit iets wat ons sien nie. 4 Omdat Abel geglo het, het hy 'n beter offer aan God gebring as Kain. Vanweë Abel se geloof het hy van God bevestiging ontvang dat hy 'n opregte man is, want God het sy offers aangeneem; en deur dieselfde geloof spreek hy nou nog, al is hy reeds dood. 5 Omdat Henog geglo het, is hy weggeneem sonder dat hy gesterf het, en hy was nêrens te vind nie, omdat God hom weggeneem het. Van hom word getuig dat hy, voordat hy weggeneem is, geleef het soos God dit wou. 6 As 'n mens nie glo nie, is dit onmoontlik om te doen wat God wil. Wie tot God nader, moet glo dat Hy bestaan en dat Hy dié wat Hom soek, beloon.
  • 13. 7 Omdat Noag geglo het, het hy God eerbiedig gehoorsaam toe hy gewaarsku is oor dinge wat nog nie gesien kon word nie. Daarom het hy die ark gebou om sy huisgesin te red. Sy geloof was 'n veroordeling van die wêreld, maar dit het hom erfgenaam gemaak van die vryspraak wat deur die geloof kom. 8 Omdat Abraham geglo het, het hy gehoor gegee toe God hom geroep het om weg te trek na die plek toe wat hy as erfdeel sou ontvang. Hy het weggetrek sonder om te weet waar hy sou uitkom. 9 Omdat hy geglo het, het hy in die beloofde land gaan woon, 'n vreemdeling in 'n vreemde land. In tente het hy daar gewoon, en so ook Isak en Jakob wat saam met hom erfgename van dieselfde belofte was, 10 want hy het uitgesien na die stad wat vaste fondamente het en waarvan God self die ontwerper en bouer is. 11 Omdat Abraham geglo het, het hy, hoewel Sara onvrugbaar was en hy al te oud, krag ontvang om 'n kind te verwek, omdat hy God wat dit beloof het, getrou geag het. 12 Die gevolg was dat daar van een man, 'n man wat nie meer 'n kind kon verwek nie, kinders afgestam het so talryk soos die sterre van die hemelruim en so baie soos die sand van die see.
  • 14. Psalm 32:1-5 1 'n Gedig van Dawid. Dit gaan goed met die mens wie se oortredings nie gestraf word nie, wie se sonde vergewe word. 2 Dit gaan goed met die mens vir wie die Here die oortreding nie toereken nie en in wie se gees daar geen valsheid is nie. 3 Toe ek oor my sonde geswyg het, het my liggaam uitgeteer soos ek heeldag om hulp geroep het. 4 U hand het dag en nag swaar op my gedruk, my krag het opgedroog soos water in somerhitte. 5 Toe het ek my sonde bely, my oortreding nie weggesteek nie. Ek het gesê: “Voor die Here bely ek my opstandigheid;” en U het my skuld vergewe
  • 15. DIE HERE IS MY HERDER; NIKS SAL MY ONTBREEK NIE Om te verhuis, is om sonder 'n geskiedenis, 'n verlede te word. Ook Abraham moes wegtrek van sy eie familiekring, sy eie dorp, wat meer is, sy eie land Hebreërs 11 verwys onder andere na Abraham se verhuising as 'n geloofsdaad 'n mens se geskiedenis saam met God is nie iets wat maar net verbygaan nie. As jy agter kom dat jy ‘n herder in jou lewe nodig het en dat jy nie op jou eie die pad kan stap nie dan neem jy vir Jesus Christus aan as jou saligmaker en jou verlosser en jy vra vir die Heilige Gees om beheer van jou lewe oor te neem en jou vol te maak van wie God is
  • 16. HY LAAT MY NEERLÊ IN GROEN WEIVELDE; NA WATERS WAAR RUS IS, LEI HY MY HEEN. Hy sorg vir jou .. Hy het jou hand kom vat.. Hy vat jou na waters waar daar rus is – Dis so lekker, die gras is so groen, Jy begin jou bybel lees – Het jy daardie fase in jou lewe beleef?
  • 17. HY VERKWIK MY SIEL; HY LEI MY IN DIE SPORE VAN GEREGTIGHEID, OM SY NAAM ONTWIL Ek en jy is geneig om in ons wandel met die Here te dink dat ons lewe daaroor gaan dat ons ‘n klomp goed vir Hom moet doen Die heel belangrikste deel van jou lewe in jou wandel met Jesus is daardie innige verhouding met jou herder en wat jy word onder Sy hand. Nou lei Hy jou op die pad van geregtigheid tot die eer van Sy naam. Jy kom agter jou lewe is nie wat dit moet wees nie.. ek loop nog nie die pad van geregtigheid nie.. tot die eer van Sy naam nie.. Dit het toe nou nie net daaroor gegaan dat net ek moet bly wees nie.. En opgewonde moet wees oor my redding en my verlossing nie..
  • 18. Dit gaan toe oor ‘n bietjie meer.. Ek moet leer om deur dit wat ek doen en nalaat die eer van Sy naam bekend te maak.. Hiervoor gee Hy jou die krag. En dan kom jy op ‘n dag wat jy een van die pragtige liedere in die kerk sing of saam met iemand ‘n teks lees en jy sê Here ek leef nie meer nie, U leef nou deur my. Here hierdie lewe wat ek op hierdie aarde leef wil ek nie meer vir my leef nie – ek wil nou vir U leef – of jy bid ‘n gebed waar jy sê, Here ek gee myself vir U prys.. Neem my lewe en doen met my net soos u wil.. en daar neem Hy jou op jou woord.. en Hy glo dat jy dit bedoel het.. want jy het, toe jy dit gevra het..
  • 19. AL GAAN EK OOK IN ’N DAL VAN DOODSKADUWEE, EK SAL GEEN ONHEIL VREES NIE; WANT U IS MET MY: U STOK EN U STAF DIÉ VERTROOS MY En nou vat Hy jou deur ‘n dal wat lyk soos die skaduwee van die dood.. En nou kom jy agter terwyl jy deur hierdie skaduwee dal loop wat lyk of die dood oor jou val.. terwyl jy besig is om te sterf aan jouself..en aan die dinge wat vir jou belangrik is .. Dat jy nie bang hoef te wees nie.. Jy was toe al die tyd nooit alleen nie.. Want U Here is naby my.. Terwyl ek die dinge prysgee is U stok en U Staf my beskerming.. en my ondersteuning..
  • 20. U BEREI DIE TAFEL VOOR MY AANGESIG TEENOOR MY TEËSTANDERS; U MAAK MY HOOF VET MET OLIE; MY BEKER LOOP OOR In hierdie tyd terwyl jy alleen voel .... Is Hy besig om vir jou ‘n feesmaal voor te berei.. Daar is ‘n feesmaal waar Hy vir jou wil laat deel in die vervulling van Sy beloftes… Maar nou in hierdie sterwe het jy agter gekom dit is nie jy nie, maar Hy.. Dis nie jou krag nie dit is Syne.. En jy onthou weer dit gaan alles net oor die eer van Sy naam..
  • 21. NET GOEDHEID EN GUNS SAL MY VOLG AL DIE DAE VAN MY LEWE; EN EK SAL IN DIE HUIS VAN DIE HERE BLY IN LENGTE VAN DAE Dan kom jy by die plek waar jy agterkom Sy seen rus op jou.. Sy goedheid en Sy trou vergesel jou al die dae van jou lewe.. En nou bly jy in die huis vandie Here.. Jy het Sy tempel geword.. Die volheid van Sy teenwoordigheid leef in jou.. daar is geen plek waar die Here nie in Sy volheid teenwoordig is nie.. self in die tye wat Hy vir jou ver voel.. is Hy besig om jou in te trek in ‘n groter verstaan van Hom self.
  • 22. HOOGLIED 6 1. WAAR het u beminde heengegaan, o skoonste onder die vroue? Waarheen het u beminde hom gewend, dat ons hom saam met u kan soek? 2. My beminde het afgeloop na sy tuin, na die balsembeddings om hom te vermaak in die tuine en om lelies te versamel. 3. Ek is my beminde s’n, en my beminde is myne — hy wat herder is onder die lelies 4. Mooi is u, my vriendin, soos Tirsa, lieflik soos Jerusalem, verskriklik soos slagordes met vaandels 5. Draai u oë van my af weg, want hulle verskrik my; u hare is soos ’n kudde bokke wat van Gílead afgolf 6. U tande is soos ’n kudde skaapooie wat van die drinkplek af opkom, wat almal tweelinge het, en geeneen onder hulle is sonder lam nie. 7. U slape is soos ’n granaatskyf deur u sluier heen
  • 23. Ons Vader groot en magtig, Beskikker van ons deel en lot dankie vir nog ‘n dag so lieflik en vol vreugde, ‘n dag waarin U ons U liefde openbaar waarin ons U kon dien en eer, dankie dat U, ons so trou bewaar het dat u nooit nooit sluimer of slaap nie, Neem hierdie mense en maak hulle u bemindes Sodat hulle hul lewens as U gesante sal leef
  • 24. Amen